Deuteronomium 18:4-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Jy moet vir hom die eerstelinge van jou graan, jou nuwe wyn, jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee gee,

5. want יהוה, jou God, het hom en sy seuns uit al jou stamme gekies, om vir altyd te staan en te dien in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה.

6. Dus, as ’n Leviet uit een van jou dorpe kom, uit die hele Yisra’el waar hy bly en kom met die begeerte van sy wil, verstand en emosie na die plek wat יהוה sal kies,

7. dan moet hy dien in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, sy God, soos al sy mede Leviete, wat daar voor die Teenwoordigheid van יהוה staan.

8. Hulle moet gelyke porsies eet, behalwe wat hy verkoop van sy vader se besittings.

9. Wanneer jy kom in die land wat יהוה, jou God, jou gee, moet jy nie leer om die verwerplikhede van daardie nasies na te doen nie.Yir 19:5; Yeg 16:21; Yeg 23:37

10. Daar mag niemand onder julle gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat gaan nie, wat waarsêery, toordery, verklaring van voortekens of towery beoefen nie,

11. of wat vloeke en bindings toepas, of wat geeste oproep of ’n towenaar, of een wat die dooies raadpleeg nie,

12. want elkeen wat hierdie dinge doen, is verwerplik vir יהוה en as gevolg van hierdie verwerplikhede onteien יהוה, jou God, hulle voor jou uit.

13. Jy moet onberispelik wees voor יהוה, jou God,

14. want hierdie nasies wat jy onteien, het geluister na towenaars en waarsêers, maar wat jou betref, יהוה, jou God, het jou nie toegelaat om dit te doen nie.Yog 6:14; Hand 3:23; Hand 7:37

15. יהוה, jou God, sal ’n profeet soos ek uit jou midde, uit jou broers, vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister

16. volgens alles wat jy van יהוה, jou God, by Horev gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: ‘Laat my nie weer die stem van יהוה, my God, hoor nie en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sal ek sterf.’

17. יהוה het vir my gesê: ‘Hulle het goed gepraat.’Yog 5:30

18. Ek sal vir hulle ’n profeet soos jy laat opstaan uit die midde van hulle broers en Ek sal My woorde in sy mond lê en hy sal aan hulle sê alles wat Ek hom beveel.Yog 5:46; Yog 14:24

19. Dit sal wees dat Ek dit self sal eis van die man wat nie luister, hoor en My woorde doen, wat hy in My Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,

20. maar die profeet wat voorbarig is om ’n woord in My Naam (Karakter en Outoriteit) te praat wat Ek hom nie beveel het om te praat nie, of wat in die naam (karakter en outoriteit) van ander gode praat, dié profeet moet sterf.

21. Jy mag in jou verstand sê: ‘Hoe sal ons die woord ken wat יהוה nie gepraat het nie?’Yeg 33:33 deur voorbarigheid het die profeet dit gesê; jy moenie vir hom bang wees nie.1 Kon 17:24

Deuteronomium 18