`Amos 7:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe het ek gesê: “יהוה-God, hou op asseblief! Hoe kan Ya’akov staan, want hy is klein?”

6. יהוה het Sy gedagtes hieroor verander. “Dit sal ook nie gebeur nie,” het יהוה-God gesê.

7. Dit het Hy my laat sien en let op, יהוה het by ’n loodregte muur gestaan met ’n skietlood in Sy hand.

8. יהוה het vir my gesê: “Wat sien jy, `Amos? Ek het geantwoord: “’n Skietlood.” Toe sê יהוה: “Let op, Ek is op die punt om ’n skietlood in die midde van My volk Yisra’el te sit. Ek sal hulle nie langer spaar nie.

`Amos 7