2 Sh'mu'el 8:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe die Arameërs van Dammesek gekom het om Hadad’ezer, die koning van Tzovah, te help, het Dawid twee en twintig duisend Arameërs doodgemaak.

6. Toe het Dawid garnisoene tussen die Arameërs van Dammesek gesit en die Arameërs het diensknegte van Dawid geword, wat belasting betaal en יהוה het Dawid gehelp waar hy ook al gegaan het.

7. Dawid het die goue skilde gevat wat die diensknegte van Hadad’ezer gedra het en dit na Yerushalayim gebring.

8. Vanuit Betag en Berotai, stede van Hadad’ezer, het koning Dawid ’n groot hoeveelheid koper gevat.

2 Sh'mu'el 8