2 Sh'mu'el 19:15-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. So het hy die gedagtes, wil en emosie van al die manne van Y’hudah soos een man gedraai sodat hulle na die koning gestuur en gesê het: “Kom terug, u en al u diensknegte.”

16. Die koning het toe teruggegaan tot so ver as die Yarden en Y’hudah het na Gilgal gekom om die koning te gaan ontmoet, om die koning oor die Yarden te bring.

17. Toe het Shim’i, die seun van Gera, die Binyaminiet, wat uit Bagurim was, hom gehaas en saam met die jongmanne van Y’hudah afgekom om koning Dawid te ontmoet.

18. Daar was ’n duisend man uit Binyamin saam met hom, saam met Tziva, die dienskneg van die huis van Sha’ul en sy vyftien seuns en twintig diensknegte saam met hom en hulle het haastig gemaak na die Yarden toe, voor die koning.

19. Toe het hulle aangehou die drif oorsteek om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. Shim’i, die seun van Gera, het voor die koning neergeval toe hy op die punt was om oor die Yarden te gaan.

2 Sh'mu'el 19