2 Sh'mu'el 11:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy het in die brief geskryf en gesê: “Sit Uriyah op die voorpunt van die hewigste geveg en onttrek van hom af sodat hy neergeslaan kan word en sterf.”

16. So was dit dat terwyl Yo’av die stad verken, hy Uriyah op ’n plek sit waar hy geweet het daar dapper manne is.

17. Die manne van die stad het uitgegaan en teen Yo’av geveg en sommige van die manne, van die diensknegte van Dawid, het geval en Uriyah, die Hittiet, het ook gesterf.

18. Toe stuur Yo’av om aan Dawid die hele verloop van die geveg te rapporteer.

19. Hy het die boodskapper beveel en gesê: “Wanneer jy klaar die hele verloop van die geveg aan die koning vertel het

20. en dit gebeur dat die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: ‘Waarom het julle so naby die stad gegaan om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?

2 Sh'mu'el 11