2 Sh'mu'el 10:6-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe die seuns van `Ammon sien dat hulle gehaat geword het by Dawid, het die seuns van `Ammon gestuur en die Arameërs van Beit-Regov en die Arameërs van Zobah gehuur, twintig duisend voetsoldate en die koning van Ma’akhah met een duisend man en die manne van Tov met twaalf duisend man.

7. Toe Dawid dit hoor, het hy Yo’av met die hele leër, die magtige manne, gestuur.

8. Die seuns van `Ammon het uitgekom en in gevegsorde opgestel by die ingang van die poort terwyl die Arameërs van Zobah en Regov en die manne van Tov en Ma’akhah by hulleself in die veld was.

2 Sh'mu'el 10