2 Sh'mu'el 10:18-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. maar die Arameërs het voor Yisra’el gevlug en Dawid het een duisend sewe honderd strydwadrywers en veertig duisend ruiters van die Arameërs gedood en Shovakh, die bevelvoerder van hul leër, neergeslaan en hy het daar gesterf.

19. Toe al die konings, onderhorig aan Hadad’ezer, sien dat hulle voor Yisra’el verslaan is, het hulle met Yisra’el vrede gesluit en hulle gedien. Die Arameërs was bang om weer die seuns van `Ammon te help.

2 Sh'mu'el 10