2 Sh'mu'el 1:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dawid vra die jongman wat vir hom die boodskap gebring het: “Hoe weet jy dat Sha’ul en sy seun Y’honatan dood is?”

6. Die jongman wat vir hom die boodskap gebring het, antwoord: “Ek was toevallig op die berg Gilboa en let op, Sha’ul het op sy spies geleun en die strydwaens en perderuiters was op hom.

7. Toe hy omkyk, het hy my gesien en na my geroep.” Ek het gesê: “Hier is ek.”

8. Hy het vir my gevra: “Wie is jy?” Ek het hom geantwoord: “Ek is ’n `Amalekiet.”

9. Toe sê hy vir my: ‘Staan asseblief langs my en maak my dood, want ’n beangstheid het my beetgepak omdat my lewe nog in my talm.’

10. Ek het langs hom gaan staan en hom doodgemaak, want ek het geweet dat hy nie ná sy val sou kon leef nie. Ek het die kroon wat op sy kop was en die armband wat om sy arm was, gevat en dit hier na my meester toe gebring.”

11. Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit en so ook al die manne wat by hom was.

12. Hulle het tot die aand toe oor Sha’ul en oor sy seun Y’honatan en vir die volk van יהוה en vir die huis van Yisra’el gerou, gehuil en gevas omdat hulle deur die swaard geval het.

13. Dawid vra vir die jongman wat hom vertel het: “Waar kom jy vandaan?” Hy antwoord: “Ek is die seun van ’n vreemdeling, ’n `Amalekiet.”

14. Toe sê Dawid vir hom: “Hoe is dit dat jy nie bang was om jou hand uit te steek om die gesalfde van יהוה dood te maak nie?”

15. Dawid roep een van die jongmanne en sê: “Gaan, slaan hom neer!” Hy het hom neergeslaan en hy is dood.

16. Dawid het vir hom gesê: “Jou bloed is op jou kop, want jou mond het teen jou getuig omdat jy sê: “Ek het die gesalfde van יהוה doodgemaak.”

17. Toe het Dawid hierdie klaaglied geneurie oor Sha’ul en sy seun Y’honatan

18. en hy het beveel dat ‘die Lied van die Boog’ vir die seuns van Y’hudah geleer moet word; let op, dit is geskryf in die Boek van Yashar.

2 Sh'mu'el 1