4. Verder het hy stede gebou in die land van Y’hudah en in die woude het hy kastele en torings gebou.
5. Hy het ook teen die `Ammoniete geveg en hulle oorwin. Die seuns van `Ammon het aan hom in dié jaar ’n honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee. Die `Ammoniete het ook vir hom dieselfde in die tweede en derde jaar gegee.
6. Yotam het magtig geword, want hy het sy lewenswyse voor die Teenwoordigheid van יהוה, sy God, gevestig.