2 Kronieke 26:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die hele volk van Y’hudah vir `Uziyahu, sy seun gevat, wat toe sestien jaar oud was en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amatzyahu.

2. Hy het Eilat opgebou en aan Y’hudah terugbesorg nadat die koning by sy vaders neergelê is.

3. `Uziyahu was sestien jaar oud toe hy begin heers het en hy het twee en vyftig jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Y’kholyahu, van Yerushalayim.

4. Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, Dawid, gedoen het.

5. Hy het tot God gebid in die dae van Z’kharyah, wat hom onderrig gegee het in die aanbidding van יהוה en יהוה het al sy dade voorspoedig gemaak.

6. Hy het gegaan en teen die F’lishtyne oorlog gemaak en die muur van Gat, die muur van Yavneh en die muur van Ashdod afgebreek.

7. God het hom gehelp teen die F’lishtyne, teen die Arabiere wat in Gur-Ba’al gewoon het en teen die Me’uniete.

8. Sy roem het uitgebrei tot by die land van Mitzrayim, want hy het aangehou veg.

9. Verder het `Uziyahu torings gebou in Yerushalayim by die Hoekpoort en by die Westelike poort en hulle met ysters versterk.

10. Hy het ook baie torings in die stede wat hy gehad het, gebou en baie kastele, want hy het baie rykdom gehad en plaasboere en werkers beide in die vlaktes en op die berge, want hy het baie beeste gehad.

11. Verder het `Uziyahu ’n leër gehad van magtige manne wat uitgegaan het in oorlog. Hulle was twee en dertig duisend ses honderd.

12. Die ander wat in die platteland gebly het, was drie honderd duisend en die manne wat swaarde gedra het was sewe duisend vyf honderd.

13. Hulle het elke dag opgestaan om oor die koning wag te hou.

14. `Uziyahu het vir hulle, regdeur die hele leërmag, skilde, spiese, helms, borsplate, boë en slingers, om stene te gooi, voorberei.

2 Kronieke 26