2 Konings 4:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Sy het vir haar man gesê: “Let nou op, ek sien dat hierdie ’n afgesonderde man van God is wat voortdurend by ons verbygaan.

10. Laat ons asseblief ’n klein gemuurde bo-kamer maak en laat ons daar vir hom ’n bed, ’n tafel, ’n stoel en ’n lampstaander neersit; dit sal wees wanneer hy na ons toe kom hy daar kan bly.”

11. Eendag het hy daar gekom, in die bo-kamer gegaan en gerus.

12. Toe het hy vir Geigazi, sy dienskneg, gesê: “Roep hierdie Shunamitiese vrou.” Toe hy haar geroep het, het sy voor hom gestaan.

13. Hy het vir hom gesê: “Vra haar nou: ‘Let op, jy was vol sorg teenoor ons met al hierdie omgee; wat kan ek vir jou doen? Moet daar vir jou ’n goeie woord gedoen word by die koning of by die bevelvoerder van die leër?” Sy antwoord: “Ek leef onder my eie mense.”

14. Hy sê: “Wat kan dan vir haar gedoen word?” Geigazi antwoord: “Dit is waar, sy het geen seun nie en haar man is oud.”

15. Hy het gesê: “Roep haar.” Toe hy haar geroep het, het sy in die deur gestaan.

16. Toe sê hy: “Tydens hierdie seisoen volgende jaar sal jy ’n seun vashou.” Sy sê: “Nee, my meester, o, man van God, moenie vir u dienares lieg nie!”

17. Die vrou het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun in daardie seisoen die volgende jaar, soos Elisha vir haar gesê het.

2 Konings 4