10. Toe sê die koning van Yisra’el: “Helaas, יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee!”
11. Y’hoshafat vra egter: “Is hier nie ’n profeet van יהוה dat ons deur hom by יהוה navraag kan doen nie?” Een van die koning van Yisra’el se diensknegte antwoord en sê: “Elisha, die seun van Shafat, wat water op die hande van Eliyahu gegooi het, (hom gedien het) is hier.”
12. Y’hoshafat sê: “Die woord van יהוה is by hom.” So het die koning van Yisra’el, Y’hoshafat en die koning van Edom na hom toe afgegaan.
13. Elisha het vir die koning van Yisra’el gesê: “Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder!” Die koning van Yisra’el antwoord hom: “Nee, want יהוה het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Mo’av te gee.”