5. Die diensknegte van koning Hizkiyahu het by Yesha’yahu gekom,
6. Yesha’yahu sê vir hulle: “So moet julle jul meester antwoord: ‘So spreek יהוה: “Moenie bang wees as gevolg van die woorde wat jy gehoor het nie, waarmee die diensknegte van die koning van Ashur kwaad van My gepraat het nie.
7. Let op, Ek sal ’n gees in hom sit sodat hy ’n gerug sal hoor en na sy eie land sal teruggaan en Ek sal hom in sy eie land deur die swaard laat val.”’”
8. Rav-Shakeh het teruggegaan en die koning van Ashur gekry terwyl hy besig was om te veg teen Livnah, want hy het gehoor dat die koning Lakhish verlaat het.
9. Toe hy hoor dat hulle aangaande Tirhakah, koning van Kush, sê: “Let op, hy het uitgekom om teen u te veg,” het hy weer boodskappers na Hizkiyahu gestuur en gesê:
10. “So moet julle vir Hizkiyahu, koning van Y’hudah, sê: ‘Moenie dat u God in wie u vertrou, u mislei deur te sê: “Yerushalayim sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.”
11. Let op, u het self gehoor wat die konings van Ashur aan al die lande gedoen het, deur hulle volkome te vernietig, dus, sal u gespaar word?
12. Het die gode van die nasies wat my vaders vernietig het, hulle gered; Gozan en Haran en Retzef en die seuns van `Eden wat in Tel’assar was?
13. Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad S’farvayim, van Hena en `Ivah?’”
14. Toe vat Hizkiyahu die brief uit die hand van die boodskappers en lees dit en hy het opgegaan na die huis van יהוה en dit voor die Teenwoordigheid van יהוה uitgesprei.
15. Hizkiyahu het voor die Teenwoordigheid van יהוה gebid en gesê: “יהוה, God van Yisra’el, wat op die troon sit bo die gérubs, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak!
16. Draai U oor en luister, o יהוה; maak U oë oop, יהוה, kyk en luister na die woorde van Sangeriv, wat hy gestuur het om die lewende God te onteer!
17. Dit is waar, יהוה, die konings van Ashur het die nasies en hulle lande verwoes