1 Sh'mu'el 2:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Hannah gebid en gesê: “My verstand, wil en emosie juig in יהוה, my horing is opgelig in יהוה, my mond praat vrymoediglik teen my vyande, want ek verheug my in U verlossing.

2. Daar is niemand afgesonderd soos יהוה nie; inderdaad, daar is niemand buiten U en ook is daar geen Rots soos ons God nie.

3. Moenie meer so trots grootpraat nie; moenie dat arrogansie uit julle mond kom nie, want יהוה is ’n God van kennis en by Hom word die dade geweeg.

1 Sh'mu'el 2