1 Kronieke 26:17-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. ooswaarts was ses Leviete; noordwaarts daagliks vier; suidwaarts daagliks vier en vir die stoepe twee op ’n slag.

18. By die oop ruimte na die weste was vier by die grootpad en twee by die oopte.

19. Hierdie is die afdelings van die poortwagters van die seuns van Korag en van die seuns van M’rari.

20. Van die Leviete was Agiyah oor die stoorkamers van die huis van יהוה en oor die stoorkamers van die afgesonderde voorwerpe.

21. Die seuns van La’dan, van die nageslag van Gershon, die hoofde van die vaders van La’dan, die Gershoniet: Yegi’eli.

22. Die seuns van Yegi’eli: Zetam en Yo’el, sy broer, wat oor die stoorkamers van die huis van יהוה was.

23. Van die `Amramiete, die Yitz’hariete, die Hevroniete en die `Uzi’eliete,

24. was Sh’vu’el, die seun van Gershon, die seun van Moshe, owerste in bevel van die stoorkamers

25. en sy broer, Eli’ezer, sy seun Regavyahu, sy seun Yesha’yahu, sy seun Yoram, sy seun Zikhri en sy seun Shlomit.

26. Hierdie Shlomit en sy broers was oor al die stoorkamers van die afgesonderde voorwerpe, wat koning Dawid en die hoofde van die vaders, bevelvoerders oor ’n duisend en oor ’n honderd en die bevelvoerders van die weermag afgesonder het.

27. Sommige van die buit wat in gevegte gewen is, het hulle afgesonder om die huis van יהוה daarmee te onderhou;

28. ook alles wat Sh’mu’el, die profeet, Sha’ul, die seun van Kish, Avner, die seun van Ner en Yo’av, die seun van Tz’ruyah, afgesonder het. Wie ook al enige iets afgesonder het, dit was onder beheer van Shlomit en sy broers.

29. Van die Yitz’hariete was K’nanyahu en sy seuns, skrywers en regters vir die sekulêre besigheid van Yisra’el.

1 Kronieke 26