1 Kronieke 25:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle getal, saam met hulle broers wat geoefend was in die liedere van יהוה, was twee honderd agt en tagtig.

8. Hulle het die lot gewerp vir hulle afdelings, die jongste saam met die oueres, die leermeester saam met die leerling.

9. Die eerste lot het geval vir Asaf, op Yosef; die tweede op G’dalyah; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;

10. die derde op Zakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;

11. die vierde op Izri; sy seuns en sy broers, twaalf;

12. die vyfde op N’tan’yahu; sy seuns en sy broers, twaalf;

1 Kronieke 25