1 Kronieke 16:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. want יהוה is groot en moet in ’n hoë mate geloof word en Hy moet bo al die konings respekvol gevrees word,

26. want al die afgode van die volke is beelde, maar יהוה het die hemele gemaak.

27. Lof, eer en majesteit is in Sy Teenwoordigheid; krag en grootheid is in Sy Afgesonderde Plek.

28. Gee dank aan יהוה, o families van die volke, gee dank aan יהוה weens Sy eer en sterkte.

1 Kronieke 16