1. Hiram, koning van Tzor, het boodskappers na Dawid gestuur met sederhout, messelaars en skrynwerkers om vir hom ’n huis te bou.
2. Dawid het gesien dat יהוה hom as koning oor Yisra’el gekies het, want Sy koninkryk is opgelig ter wille van Sy volk Yisra’el.
3. Dawid het meer vroue gevat in Yerushalayim nadat hy van Hevron af gekom het en daar is vir hom nog seuns en dogters gebore.
4. Hierdie is die name van die seuns wat vir hom gebore is in Yerushalayim: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo,
5. Yivgar, Elishua, Elyada,
6. Nogah, Nefeg, Yafia,
7. Elishama, Elyadah en Elifelet.
8. Nadat die F’lishtyne gehoor het dat Dawid as koning oor die hele Yisra’el gesalf is, het al die F’lishtyne opgetrek om Dawid te soek. Dawid het daarvan gehoor en teen hulle uitgegaan.
9. Die F’lishtyne het gekom en uitgekamp in die vallei van die reuse.
10. Dawid het God geraadpleeg en gesê: “Sal ek opgaan teen die F’lishtyne en sal U hulle in my hand gee?” יהוה het vir hom gesê: “Gaan op, want Ek sal hulle in jou hand gee.”
11. Hulle het opgegaan tot by Ba’al-P’ratzim en Dawid het hulle daar verslaan. Toe het Dawid gesê: “God het ingebreek op my vyande voor my soos die uitbreek van water; daarom het hulle die plek Ba’al-P’ratzim genoem.
12. Toe hulle hul afgode daar agtergelaat het, het Dawid bevel gegee aan sy magtige manne en gesê: “Verbrand hulle met vuur en verstrooi hulle as in die wind.”