1 Konings 9:22-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. maar Shlomo het nie slawe gemaak van die seuns van Yisra’el nie, want hulle was krygsmanne, sy diensknegte, sy prinse, sy bevelvoerders, sy strydwabevelvoerders en sy perderuiters.

23. Hierdie was die hoofopsigters wat oor Shlomo se werk was: vyf honderd en vyftig wat oor die mense wat die werk gedoen het, geheers het.

24. Sodra die dogter van Farao opgekom het vanuit die stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, het hy Millo gebou.

1 Konings 9