1 Konings 2:44-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. Die koning het ook vir Shim’i gesê: “Jy ken self al die boosheid wat jy erken in jou verstand, wat jy aan my vader Dawid gedoen het; daarom sal יהוה jou boosheid op jou eie kop laat terugkeer,

45. maar koning Shlomo sal geseënd wees en die troon van Dawid sal voor יהוה vir ewig bevestig word!”

46. Die koning het B’nayah, die seun van Y’hoyada, beveel en hy het uitgegaan en hom aangeval sodat hy gesterf het. So is die koningskap bevestig in die hand van Shlomo.

1 Konings 2