29. Dit het gebeur dat, sodra hy koning geword het, hy die hele huis van Yarov’am doodgemaak het. Hy het vir Yarov’am geen persoon laat oorbly nie totdat hy almal vernietig het, volgens die woord van יהוה wat Hy gepraat het deur sy dienskneg Agiyah, van Shiloh,
30. vanweë die sondes van Yarov’am wat hy gedoen en waarmee hy Yisra’el laat sondig het, deur sy uittarting waarmee hy יהוה, die God van Yisra’el, uitgetart het tot woede.
31. Die res van die dade van Nadav en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
32. Daar was oorlog tussen Asa en Ba’sha, koning van Yisra’el, al hulle dae.