1 Konings 10:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die gewig van goud wat in een jaar vir Shlomo ingekom het, was ses honderd ses en sestig talente goud, (ongeveer 23 metrieke ton)

15. behalwe wat ingekom het van die handelaars wat rondtrek en van die wins van die verkopers en van al die konings van die Arabiere en van die goewerneurs van die land.

16. Koning Shlomo het twee honderd groot skilde van suiwer goud gemaak; hy het ses honderd sikkels (6,8kg) goud op elke groot skild gebruik

17. en drie honderd skilde van suiwer goud met drie minahs (1,7kg) goud op elke skild en die koning het dit in die huis van die L’vanon-woud gesit.

18. Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

19. Die troon het ses trappe gehad en ’n ronde kopstuk bo die troon aan die agterkant en arms weerskante van die sitplek, met twee leeus wat langs die arms staan.

20. Twaalf leeus het daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; niks soos dit is ooit vir enige ander koninkryk gemaak nie.

21. Al koning Shlomo se drinkservies was van goud en al die houers van Die Huis van die L’vanon-woud was van suiwer goud; niks was van silwer nie: dit is in die dae van Shlomo nie as waardevol gereken nie,

22. want die koning het ’n vloot van skepe van Tarshish gehad by die skepe van Hiram; een maal elke drie jaar het die skepe van Tarshish ingekom en goud, silwer, ivoor, ape en poue gebring.

23. So het koning Shlomo in rykdom en in wysheid, groter geword as al die konings van die aarde.

24. Die hele wêreld het die teenwoordigheid van Shlomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy verstand gegee het.

25. Elkeen van hulle het sy geskenk saam gebring: silwer voorwerpe, goue voorwerpe, klere, wapens, speserye, perde en muile, jaar na jaar.

26. Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad en hy het dit in die stede vir stydwaens en by die koning in Yerushalayim gesit.2 Kro 1:15; 2 Kro 9:27

27. Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is.

1 Konings 10