1 Konings 1:39-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Tzadok, die priester, het toe die horing met olie uit die tent gevat en Shlomo gesalf. Toe het hulle die ramshoring geblaas en die hele volk het gesê: “Koning Shlomo leef!”

40. Al die mense het agter hom aan opgegaan en die mense het op fluite gespeel en hulle verheug met groot blydskap sodat die aarde geskud het van hulle geraas.

41. Adoniyah en al die gaste wat by hom was, het dit gehoor toe hulle net klaar geëet het. Toe Yo’av die geluid van die ramshoring hoor, het hy gesê: “Hoekom is daar so ’n oproerigheid in die stad?”

42. Terwyl hy nog praat, let op, kom Y’honatan, die seun van Evyatar, die priester, daar aan. Toe sê Adoniyah: “Kom in, want jy is ’n dapper man en bring goeie nuus.”

43. Y’honatan antwoord Adoniyah egter en sê: “Nee! Ons meester, koning Dawid, het Shlomo koning gemaak!

44. Die koning het vir Tzadok, die priester, Natan, die profeet, B’nayah, die seun van Y’hoyada, die persoonlike wagte en die boodskappers saam met hom gestuur en hulle het hom op die koning se muil laat ry.

45. Tzadok, die priester en Natan, die profeet, het hom in Gigon as koning gesalf en hulle het daarvandaan met blydskap opgekom sodat die stad in oproer is; dit is die geraas wat julle gehoor het.

46. Buitendien, Shlomo het selfs op die koninklike troon gaan sit.

47. Meer nog, die diensknegte van die koning het gekom om ons meester, koning Dawid, te seën en gesê: ‘Mag u God die naam (karakter en outoriteit) van Shlomo beter maak as u naam (karakter en outoriteit) en sy troon groter maak as u troon!’ Toe het die koning op die bed neergebuig.

48. Die koning het ook so gesê: ‘Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, wat vandag een gegee het om op my troon te sit terwyl my oë dit sien.’”

1 Konings 1