16. ’n Gelowige let noukeurig op sy gedrag. Hy bly weg van verkeerde dinge af. ’n Dwaas gooi maklik alles waarin hy glo oorboord.
17. ’n Humeurige mens doen en sê die verkeerdste dinge. ’n Glibberige mens en sy slinkse plannetjies word gehaat.
18. ’n Mens wat nie weet hoe om reg te leef nie, se lewe is leeg. Lewenswysheid maak jou gelukkig.
19. Slegte mense sal nog eendag die gelowiges se leefwyse bewonder. Hulle sal die gelowige se insig in die lewe begeer.
20. ’n Arme se bure wil niks met hom te doen hê nie. Baie mense wil graag vriende van die rykes wees.
21. ’n Sondaar is iemand wat sy naaste sleg behandel. Iemand wat vir die armes goed is, ervaar onbeskryflike geluk.