Rigters 13:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle vir 40 jaar in die mag van die Filistyne oorgegee.

2. Daar was ’n man uit Sora uit die stam van Dan met die naam Manoag. Hy en sy vrou was kinderloos omdat sy nie swanger kon raak nie.

3. Daar het toe ’n Boodskapper van die Here aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy kon nog nooit swanger word nie, maar binnekort gaan jy wel swanger word en geboorte gee aan ’n seun.

4. Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink of enige verbode kos eet nie.

Rigters 13