Psalms 41:7-14 Die Boodskap (DB)

7. As iemand by my kom kuier, wil hy net weet hoe sleg dit met my gaan. Hy maak my verder sleg by ander mense.

8. Almal wat my haat, praat agter my rug oor my. Hulle hoop dat die slegste dinge my sal oorkom.Hulle sê:

9. ’n Bose gees bly in hom.Dit is klaar met hom. Hy sal nie daar opstaan nie!

10. Selfs my beste vriend het die rug vir my gedraai. Ek het hom vertrou. Hy het altyd saam met my gekuier.

11. Here, help my. Maak my gesond sodat ek kan opstaan.Dan kan ek aan hulle gaan doen wat hulle aan my gedoen het.

12. My vyande kon my nie onderkry nie. Daaraan weet ek dat U my liefhet.

13. Ek was onskuldig. U het dit vir almal gewys. En U hou my vas.U is altyd by my.

14. Prys die Here, die God van Israel. Prys Hom vir altyd.Hy sal altyd sy kinders se God wees.Dit is die volle waarheid!

Psalms 41