6. Here, U gee my maar ’n kort lewe.In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood.
7. Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel.Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood.Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af.Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie.
8. Ag Here, wat bly daar nog vir my in hierdie lewe oor? Ek vestig al my hoop op U!
9. Moet my nie straf vir al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie.Moenie dat dié wat dom dinge aanvang met my spot nie.
10. Ek sê nie ’n woord nie.Ek sal doodstil bly, want U het hierdie krisis oor my gebring.
11. Vat dit tog weer weg. Dis vir my verskriklik as U die rug vir my keer. Ek kan nie meer nie.
12. As U mense straf oor hulle sonde, bly daar niks van hulle oor nie.’n Mens leef maar net vir ’n kort tydjie.