Psalms 21:2-4 Die Boodskap (DB)

2. O Here, die koning is baie bly omdat U vir hom gewys het hoe sterk U is, ja, omdat U hom gehelp het om te wen. Daaroor juig hy.

3. U het na sy gebed geluister en vir hom gegee wat hy graag wou hê.

4. U kom na hom toe. Dan gee U vir hom wonderlike geskenke.U sit tot vir hom die pragtigste kroon van goud op sy kop.

Psalms 21