Openbaring 10:9-11 Die Boodskap (DB)

9. Ek stap toe nader na die engel toe: “Gee my asseblief die boekie,” vra ek.“Vat en eet dit,” sê die engel. “As jy dit eet, sal dit lekker wees, soet soos heuning. Maar dan sal jy vreeslik sooibrand daarvan kry.”

10. Ek vat toe die boekie by die engel en eet dit. Dit was toe so: in my mond was dit suikersoet. Nadat ek dit geëet het, het ek vreeslik sooibrand gekry.

11. Weer praat hy met my: “Jy moet mense weer van God gaan vertel. Gaan na al die mense toe; maak nie saak waar hulle bly of watter taal hulle praat nie.”

Openbaring 10