3-5. “Hierdie dele van Atarot, Dibon, Jaser, Nimra, Gesbon, Elale, Sibma, Nebo en Baäl-Meon wat die Here aan ons oorgegee het, is ’n goeie gebied vir vee. Omdat ons baie vee het, vra ons u om asseblief eerder hierdie gebied vir ons te gee as ’n stuk grond aan die oorkant van die Jordaanrivier.”
25. Die mense van Gad en Ruben sê toe vir Moses: “Ons sal doen net wat jy vra.
26. Ons sal ons vroue en kinders en ons kleinvee en ons beeste net hier in Gilead in die dorpe laat bly,
27. maar elkeen van ons wat kan veg, sal saam met julle oor die Jordaanrivier trek en vir die Here gaan veg.”
28. Moses het toe vir die ander leiers van die volk en vir Eleasar en Josua die volgende oor hierdie twee stamme gesê:
29. “As al Gad en Ruben se soldate saam met julle oor die Jordaanrivier trek en saam met julle daar gaan veg, moet julle vir hulle hierdie gebied in Gilead gee nadat julle die land ingeneem het.
30. Maar as hulle soldate nie saam met julle gaan veg nie, moet hulle hulle deel van die land kry net soos julle. Dan moet hulle dit aanvaar en daar gaan bly.”
31. Die mense van Gad en Ruben het toe gesê: “Ons sal doen wat die Here vir ons gesê het.
32. Ons sal saam met julle oor die Jordaanrivier trek en in die Here se Naam gaan veg sodat ons ons grond hier aan die oostekant van die Jordaanrivier kan behou.”
33. Moses het toe die koninkryk van koning Sihon van die Amoriete asook die koninkryk van koning Og van Basan vir die stamme van Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse gegee as hulle erfdeel.
34. Die mense van Gad het die volgende stede vir hulle herbou: Dibon, Atarot, Aroër,
35. Atrot-Sofan, Jaser, Jogboha,
36. Bet-Nimra en Bet-Haram. Rondom al hierdie stede het hulle vir hulle hoë mure vir beskerming gebou en ook krale vir hulle kleinvee opgerig.