Numeri 31:51-52-54 Die Boodskap (DB)

6. Moses het die soldate saam met Eleasar se seun Pinehas gestuur om te gaan veg. Hulle het van die spesiale voorwerpe saamgevat wat hulle in die tabernakel gebruik het om God te dien en ook die trompette waarmee hulle seine aan die soldate kon gee.

7. Hulle het die Midianiete aangeval presies soos die Here beveel het, en al die mans doodgemaak.

8. Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak.

9. Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop.

51-52. Moses en Eleasar het al hierdie juwele by hulle gekry. Toe hulle dit weeg, het hierdie geskenk aan die Here ongeveer 200 kilogram geweeg.

53. Dit was sonder die deel wat die soldate vir hulleself gehou het.

54. Moses en Eleasar het die geskenke van die offisiere na die tent toe gevat waar die Here aanbid word en dit daar bewaar om die Here te herinner dat die Israeliete aan Hom behoort.

Numeri 31