Numeri 31:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Julle moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle die Israeliete verlei het om afgode te aanbid. Na dit sal jy sterf.”

3. Moses het toe vir die volk gesê: “Kies ’n groep soldate en stuur hulle om die Midianiete in die Naam van die Here te gaan straf.

4. Julle moet 1 000 soldate uit elke stam kies om te gaan veg.”

5. Hulle het toe 1 000 soldate uit elke stam gekies en hulle met wapens toegerus om te gaan veg. Daar was altesaam 12 000 soldate.

6. Moses het die soldate saam met Eleasar se seun Pinehas gestuur om te gaan veg. Hulle het van die spesiale voorwerpe saamgevat wat hulle in die tabernakel gebruik het om God te dien en ook die trompette waarmee hulle seine aan die soldate kon gee.

7. Hulle het die Midianiete aangeval presies soos die Here beveel het, en al die mans doodgemaak.

8. Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak.

9. Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop.

21-23. Eleasar het toe vir die soldate gesê: “Die Here het vir Moses beveel: Alle oorlogsbuit wat hitte kan verduur, soos goud, silwer, brons, yster, tin en lood, moet eers met vuur skoongebrand word en daarna met reinigingswater skoongewas word. Daarna is dit skoon en aanvaarbaar voor die Here. Alles wat nie met vuur skoongemaak kan word nie, moet net met reinigingswater gewas word.

51-52. Moses en Eleasar het al hierdie juwele by hulle gekry. Toe hulle dit weeg, het hierdie geskenk aan die Here ongeveer 200 kilogram geweeg.

Numeri 31