7. Die drankoffer wat by hierdie offer hoort, is ’n liter wyn wat oor die altaar uitgegooi word.
8. Die tweede lam moet in die aand geoffer word met presies dieselfde graan- en drankoffers as dié van die oggend. Dit is ’n vuuroffer waarvan die Here hou.”
9. “Op die sabbat, die sewende dag van die week waarop almal moet rus, moet daar twee jaaroud rammetjies geoffer word. Hulle moet gesond wees en niks makeer nie. Saam met hulle is die graanoffer van drie kilogram meel met olyfolie gemeng en ’n drankoffer wat daarby hoort.
10. Hierdie sabbatsoffer is ’n ekstra offer wat op die sabbat gebring moet word saam met die gereelde daaglikse offer.”
11. “Op die eerste dag van die maand moet julle vir die Here die volgende brandoffer bring: twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.