Numeri 28:25-30 Die Boodskap (DB)

25. Op die sewende dag van die fees moet julle weer vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie.”

26. “Op die eerste dag van die oesfees, sewe weke na paasfees, moet julle ’n graanoffer uit die nuwe oes bring om vir die Here dankie te sê vir die oes. Dan moet julle ’n spesiale lofprysingsgeleentheid hou. Op daardie dag mag niemand werk nie.

27. Dan moet julle vir die Here ’n spesiale brandoffer bring waarvan Hy hou: twee jong bulle, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies.

28. Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met elke ram twee kilogram

29. en saam met elke lam een kilogram.

30. Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde.

Numeri 28