3. “Ons pa,” het hulle gesê, “is in die woestyn dood sonder dat hy ooit seuns gehad het. Hy was nie een van Korag se trawante wat teen die Here in opstand gekom het nie. Hy het as gevolg van sy eie sonde gesterf.
4. Dit is mos nie regverdig dat ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie seuns gehad het nie. Daarom vra ons dat u vir ons sy grond tussen sy familie sal gee wat hy moes kry.”
5. Moses het die saak aan die Here gestel,
6. en die Here het vir hom gesê:
7. “Selofgad se dogters is reg, jy moet vir hulle grond gee tussen hulle familie. Hulle moet die deel erf wat hulle pa sou kry.
8. Gaan sê ook vir die Israeliete: As iemand doodgaan sonder dat hy seuns het, behoort sy grond aan sy dogters.