24. Die volk Israel is soos ’n magtige leeu wat nie gaan lê totdat hy sy prooi verskeur en kant en klaar opgevreet het nie.”
25. Toe sê Balak vir Bileam: “As jy dan nie hierdie volk gaan vervloek nie, mag jy hulle ten minste ook nie seën nie.”
26. Bileam antwoord: “Ek het mos vir jou gesê ek kan net doen wat die Here my toelaat om te doen.”
27. Toe sê Balak vir Bileam: “Kom ek vat jou na nog ’n ander plek toe. Miskien sal God dat jy hulle van daar af vervloek.”
28. Hy vat hom toe na die top van die berg Peor toe wat oor die woestyn uitkyk.
29. Bileam sê toe weer vir hom: “Bou vir my sewe altare en bring sewe bulle en sewe ramme hiernatoe sodat ons hulle kan offer.”
30. Balak het dit gedoen en hulle het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.