5. Die Here het toe in ’n wolk afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam nader en sê vir hulle:
6. “Luister nou mooi na wat Ek vir julle sê. As Moses net ’n gewone profeet was, sou Ek met hom gepraat het soos met die ander profete, deur visioene en drome.
7. Maar dit is nie hoe Ek met my dienaar Moses werk nie. Hy is my spesiale vertroueling.
8. Met hom praat Ek direk en persoonlik, nie in allerhande raaisels nie. Hy sien selfs my silhoeët. Hoe kan julle dan waag om hom te kritiseer?”
9. Die Here was baie kwaad vir hulle. Toe Hy daar weggaan