24. en Gidoni se seun Abidan oor die afdeling van die stam van Benjamin.
25. Die volgende groep wat vertrek het, was die afdelings onder leiding van die stam van Dan, ook onder hulle eie vlag. Hulle het die agterhoede van al die afdelings gevorm. Ammi-Saddai se seun Agiëser was die leier van hierdie afdeling.
26. Okran se seun Pagiël was die leier van die afdeling van die stam van Aser,
27. en Enan se seun Agira die leier van die afdeling van die stam van Naftali.
28. So het die Israeliete altyd getrek, afdeling vir afdeling.
29. Toe hulle wegtrek, het Moses vir sy swaer, Gobab, wat Reüel die Midianiet se seun was, gesê: “Ons is nou op pad na die land toe wat die Here vir ons beloof het. Kom saam met ons, dan deel jy in ons voorspoed, want die Here het wonderlike dinge vir ons belowe.”
30. Maar Gobab het geantwoord: “Nee dankie, ek dink ek gaan eerder terug na my eie land en familie toe.”
31. Maar Moses het nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie: “Moet ons nie nou alleen los nie. Jy ken die beste kampplekke in die woestyn, jy kan ons gids wees.
32. As jy saamkom, kan jy ook deel hê aan al die wonderlike dinge wat die Here vir ons gaan gee.”