Nehemia 9:30-34 Die Boodskap (DB)

30. Vir baie jare lank was U geduldig met hulle. U het u profete met u Gees geïnspireer om hulle te waarsku dat hulle op die verkeerde pad is,maar hulle het hulle doof gehou.Daarom het U hulle aan nasies oorgelewer wat U nie ken nie.

31. Maar omdat U so ongelooflik goed is, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of u rug vir hulle gedraai nie.U het hulle nie in die steek gelaat nie,want U is ’n God wat vol goedheid en ontferming is.

32. Ons God, hoe groot is U!U is ongelooflik sterk; almal het groot respek vir U. Omdat U vir ons omgee, hou U elke belofte van die ooreenkoms wat U gemaak het.Moet tog nie by ons verbykyk in ons ellende nie.Van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe het ons almal,ons konings, ons leiers,ons priesters, ons profete,ons voorouers, ja, die hele volk, al baie swaargekry.

33. U het reg opgetree om ons te straf,U was reg; ons verkeerd.

34. Ons konings, ons leiers, ons priesters en ons voorouershet nie gedoen wat U in u wet sê nie.Hulle het hulle doof gehou vir u bevele en u waarskuwings.

Nehemia 9