Nehemia 4:8-11 Die Boodskap (DB)

8. Hulle het agteraf besluit om Jerusalem aan te val en die mense in die stad uitmekaar te jaag.

9. Maar ons het aanhoudend tot ons God gebid en dag en nag soldate op die mure laat wag- staan.

10. Die werkers in Juda het toe ’n treurige lied gesing: “Die bouers se kragte raak op, die rommel is net te veel om weg te vat, ons gaan nooit hierdie muur klaar gebou kry nie.”

11. Intussen het ons teëstanders gedink: “Voor hulle hulle oë uitvee, is ons tussen hulle. Dan maak ons hulle dood en maak ’n einde aan die bouery.”

Nehemia 4