Matteus 9:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Jesus het goed geweet hoe hulle staan en skinder. Sonder om doekies om te draai sê Hy vir hulle: “Wat dink julle gaan julle bereik met al hierdie geskinder?

5. Om te praat is maklik. Enigeen van julle kan mos sy mond oopmaak en sê: ‘Nou het jy nie meer sonde nie!’ of dalk: ‘Kom regop en stap sonder hulp hier weg.’ Dit is mos nie moeilik om so iets te sê nie. Maar om te laat gebeur wat jy sê, is heeltemal ’n ander saak. Julle weet baie goed dat iemand net sonde kan vergewe as hy regtig die mag het om dit te doen.

6. Die Seun van die mens het daardie mag. Kyk mooi, Ek gaan dit nou doen sodat julle kan besef met wie julle te doen het.“Staan op!” sê Jesus vir die lam man. “Vat jou matras en stap self huis toe.”

7. Die lam man het voor almal opgestaan en huis toe gestap.

8. Die mense kon hulle oë byna nie glo nie. Met groot respek het hulle gesê: “Nou het ons regtig gesien hoe wonderlik en groot God is. Kyk, Hy gee tot vir ’n mens mag om sulke ongelooflike dinge te doen.”

Matteus 9