1. Johannes was toe al klaar in die tronk. Selfs daar in die tronk was die mense aan die praat oor Jesus en sy preke.
2. Johannes was egter nie heeltemal seker wat besig was om te gebeur nie. Nuuskierig stuur hy toe van sy vriende na Jesus toe:
3. “Is U regtig die Messias op wie ons gewag het?” vra hulle. “Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie ’n fout maak en dalk vir ’n verkeerde een wag nie.”