Lukas 17:13-19 Die Boodskap (DB)

13. Hulle roep toe hard uit: “Jesus, groot Leermeester, kry ons asseblief tog jammer!”

14. Jesus sê toe vir hulle: “Gaan dadelik na die priester toe. Laat hy vir julle ’n sertifikaat gee as bewys dat julle gesond is.”

15. Op pad soontoe het hulle melaatsheid verdwyn. Hulle vel was skielik weer normaal. Een van die mans was so bly daaroor dat hy dadelik omgedraai het. Hy het hardop begin bid en God se Naam grootgemaak.

16. Die man het tot by Jesus gehardloop, voor Hom in die stof neergeval en vir Hom dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan.

17. Toe sê Jesus vir hom: “Julle is mos tien persone wat nou net gesond geword het. Nou waar’s die ander nege dan?

18. Dit lyk My hulle glo nie God het hulle eens en vir altyd genees nie. Daarom dat hulle nie omgedraai en kom dankie sê het soos jy nie. Jy begryp baie beter as daardie nege Israeliete wie Ek is.

19. Staan nou op en gaan in vrede. Jou geloof het gemaak dat jou saak met God nou in orde is.”

Lukas 17