4. Hy sit sy hand op die dier se kop. Daarmee wys hy dat dit sy geskenk vir God is wat vir hom vrede moet maak by God.
5. Hy sny dan die bul keelaf daar voor die Here. Die dienaars uit Aäron se familie vang die bul se bloed op en spat daarvan aan elke kant van die offerplek wat daar by die ingang van die tent staan.
6. Die persoon slag die vel van die offerdier af en hy sny die dier in stukke op.
7. Die dienaars uit Aäron se familie sorg dat daar ’n vuur op die altaar brand. Hulle hou dit aan die brand en pak elke keer weer hout op die vuur.
8. Hulle pak die stukke vleis wat die man opgesny het saam met die kop en niervet bo-op die hout op die altaar.