1. Daarna het Josua die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam nader geroep.
2. Toe sê hy: “Julle het alles gedoen wat Moses gevra het julle moet doen en julle het al my opdragte uitgevoer.
3. Julle het nie julle broers in die steek gelaat nie, al het die inname van die land so lank geneem. Julle het elke opdrag van die Here julle God nagekom.
4. Nou het die Here julle God sy belofte aan julle broers nagekom en hulle bly in vrede in hulle land. Julle kan nou teruggaan na julle eie land toe wat Moses vir julle gegee het, daar aan die oostekant van die Jordaan.
5. Maar maak seker dat julle die gebooie en die wet wat Moses vir julle gegee het, nakom. Julle moet die Here julle God liefhê, volgens sy wil lewe, sy opdragte uitvoer, getrou wees aan Hom en Hom dien met alles binne-in julle.”
9. Die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam het die Israeliete by Silo in Kanaän agtergelaat en die terugtog aangepak na hulle eie gebied toe in Gilead. Hierdie gebied het aan hulle behoort, soos die Here vroeër vir Moses gesê het.
10. Voordat die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam die Jordaan oorgesteek het, het hulle ’n groot en indrukwekkende altaar by Gelilot in Kanaän gebou.