Johannes 9:1-4 Die Boodskap (DB)

1. In die verbygaan sien Jesus ’n man wat blind gebore is.

2. “Wie se skuld is dit dat hierdie man blind gebore is?” vra sy dissipels Hom. “Het hy self vir God ongelukkig gemaak of was dit sy ouers?”

3. “Nee,” sê Jesus, “dis nie een van hulle se skuld nie. God wil juis hierdie man se blindheid gebruik om te wys wat Hy vir mense kan doen.

4. Ons almal moet saamwerk om te wys wat God vir mense kan doen terwyl ons nog kan. Daarvoor het Hy My mos gestuur. Daar gaan ’n stadium kom wanneer ons dit nie meer sal kan doen nie.

20-21. “Ja, dit is ons seun dié. Julle kan ons maar glo, hy kon nog nooit sien nie,” antwoord sy ouers.“Hoe is dit dan dat hy nou skielik kan sien?” wou die Fariseërs weet.“Nee, nou vra julle ons vas. Ons weet nie. Ons het geen idee wie sy oë gesond gemaak het nie. Maar daar staan hy. Hoekom vra julle hom nie self nie? Hy’s mos al ’n grootmens. Hy kan darem seker vir homself praat.”

Johannes 9