12. “Kom, eet ’n stukkie ontbyt,” nooi Jesus hulle uit. Nie een van hulle het die moed gehad om te vra: “Wie is U?” nie. Dit was ook nie nodig om te vra nie. Hulle het geweet dit is die Here.
13. Jesus gee toe vir elkeen van hulle brood en ’n stukkie vis.
14. Dit was die derde keer dat Jesus so aan sy getroue volgelinge verskyn het nadat Hy uit die dood opgestaan het.
15. Na ete vra Jesus vir Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My liewer as wat hierdie ander My het?”“Ja, Here,” kom dit van Petrus. “U weet hoe toegewy en lojaal ek teenoor U is.”“Kyk dan asseblief na my lammers,” vra Jesus toe.
16. ’n Tweede keer vra Jesus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?”“Ja, Here. U weet mos hoe lief ek U het,” sê Petrus weer.“Pas dan asseblief my skape soos ’n herder op,” vra Jesus.
17. ’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief? Kan Ek heeltemal op jou lojaliteit staatmaak?”Petrus het hartseer geword omdat Jesus so aanhou. “Here,” sê hy toe, “U hoef nie eens te vra nie, want U weet alles; ook wat in my hart aangaan. U weet mos hoe lief ek vir U is.”“Sorg dan vir my skape,” sê Jesus. “Ek wil vir jou iets belangriks sê.
18. Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.”
19. (Daarmee het Jesus gesinspeel op die manier waarop Petrus sou sterf. Met sy dood sou hy in alle geval vir God eer.)“Kom saam met My,” sê Jesus toe vir Petrus.