As iemand sy rug vir My draai en my boodskap ignoreer, sal hy wel sy moses teëkom. Hy het mos gehoor wat Ek gesê het! By die finale oordeel sal niemand dit vir hom hoef te herhaal nie. Hy sal my woorde dan onthou, dat wie My nie aanvaar nie, hel toe gaan. Dan sal hy weet wat God oor hom besluit het.