Job 40:20-28 Die Boodskap (DB)

20. Die Here het verder vir Job gevra: “Job, sal jy ’n draak met ’n hoek of met ’n tou om sy bek kan vang?

21. Kan jy ’n tou deur sy snoet sit of ’n haak deur sy kakebeen steek?

22. Sal hy jou soebat om sag met hom te werk of jou mooi vra om hom uit te los?

23. Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak om vir altyd vir jou te werk?

24. Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters?

25. Sal daar handelaars wees wat oor hom bie?“Sal hulle hom onder mekaar probeer verkoop?

26. Kan jy met harpoene deur sy vel skiet of met spiese deur sy kop steek?

27. As jy hom kaalhand probeer aanpak, sal jy die geveg tussen julle nooit vergeet nie. Ek verseker jou, jy sal dit nooit weer probeer doen nie.

28. “Nee, niemand het ’n kans om die draak te vang nie. As jy hom sien, sak jou moed al in jou skoene.

Job 40