5. Maar noudat die probleme na jou kant toe gekom het, kan jy dit nie verdra nie. Noudat dit jou raak, is jy platgeslaan.
6. Gee jou geloof in die Here nie vir jou die vertroue wat jy nodig het nie? Jy het altyd reg gelewe omdat jy die Here eer. Dit behoort mos vir jou hoop te gee.”
7. Elifas het verder gesê: “Dink ’n bietjie hieraan: Is daar enigiemand wat onskuldig was en ondergegaan het? Noem vir my ’n geval waar mense doodgegaan het wat reg geleef het.
8. Wat ek in die lewe geleer het, is dat mense wat verkeerde dinge beplan en moeilikheid maak, dit net so sal terugkry.
9. As God in sy woede sy asem oor hulle uitblaas, is dit verby met hulle. Hulle gaan net so dood!
10. Al brul hierdie mense soos wrede leeus, sal hulle tande gebreek word.
11. Hierdie mense wat so verkeerd doen, sal soos leeus wees wat nie ’n prooi kry om dood te maak nie. Hulle sal van die honger doodgaan en hulle kleintjies sal alleen agterbly.”
12. Verder het Elifas gesê: “Iemand het iets in die geheim in my oor gefluister.
13. Dit het in die nag gebeur toe almal al geslaap het. Dit was soos ’n gesig wat ek gesien het.
14. Angs het my beetgepak. Ek het geskud en gebewe so bang was ek.
15. Iets soos wind of ’n gees het liggies voor my gesig verbygegaan. Dit het my hare laat regop staan.